PERLEMOENPOTJIE
6 perlemoene skoongemaak en in repies gesny en saggies gekap
4 groot uie, gekap
8 jong aartappeltjies
2 eetlepels margarien
2 eetlepels olie
1/2 kop wit wyn
1/2 teelepel neutmuskaat, fyn
1 teelepel vars of gedroogde pietersielie
/1/2teelepel dille (droog)
sout en suurlemoenpeper na smaak
sap van twee suurlemoene of 4 eetlepels
Soteer die uie en aartappels vir ‘n paar minute (4) in die olie en margarien in ‘n dikboom-kastrol. Gooi / koppie wit wyn by en plaas deksel op en laat stadig prut totdat aartappels sag is. Voeg die perlemoen en res van bestanddele by en laat prut vir 15 minute totdat perlemoen gaar is. Gooi / koppie tot ‘n koppie room (opsioneel) by en laat prut vir 5 minute tot deurgekook. Bedien met varsgebakte bruinbrood.
Resep geplaas deur Daniel de Kock