OOND-GEROOSTERDE BEET MET ROOM


OOND-GEROOSTERDE BEET MET ROOM

‘Ek hou van vinnige, maklike en lekker disse en hierdie is weereens so ‘n dis.

BESTANDELE
8 bete
sout en peper na smaak
2 eelt olyf olie
1 eetl suiker (opsioneel)
2 eetl heuning (opsioneel)
3 eelt room
METODE
Was die beet goed skoon en sny dit in kwarte (ek skil nie die beet nie).
Plaas in ‘n bakpan en strooi sout & peper oor.
Gooi olyf olie en suiker oor en bak teen 200C vir 45 minute.
Halfpad in die roosterproses, gooi die heuning oor en roer.
Gooi room oor voor opdiening..


deur Maggie