MILJOENERS KOEK

miljoeners koek 2tested
MILJOENERS KOEK
250 ml koekmeel
60 ml kakao
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml olie
125 ml kookwater
4 eiers, geskei
5 ml vanilla
1 blik ingedampte melk
125 ml suiker
2 pakke Neut sjokolade

Verhit oond – 180Âș C.
Spuit oondbak van 26 cm.
Meng koekmeel, kakao en suiker saam.
Voeg bakpoeier en sout by.
Klits die eiergele en meng met olie en afgekoelde water
Meng oliemengsel by meelmengsel en meng goed.
Klits eierwitte goed styf en vou in mengsel met lepel en skep in voorbereide bak.
Bak vir 45 min. tot gaar.
Verhit van melk en suiker tot opgelos.
Giet oor warm koek sodra dit uit die oond kom.
Wanneer koek heeltemal koud is, Smelt sjokolade en res van melk (136 ml) saam en smeer oor koek, of maak ‘n ganache en gooi oor die koek.
Resep -Bokkie En Anita Marais
Foto: Gideon Louw