Berei die kors deur die klapper liggies in ‘n pan te rooster. Meng die klapper met die gesmelte botter. Voer ‘n 22cm tertbord met die kappermengsel Verkoel tot benodig. Meng die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas tot glad. Vou die room by die kaasmengsel in. Skep die mengsel in die klapperkors en maak gelyk. Verkoel tot benodig. Meng die glanslaag deur die gelatien in die koue water te week. Verhit die konfyt en suiker tot kookpunt oor lae hitte. Verwyder van die hitte en roer die geweekte gelatien by. Roer tot die gelatien opgelos is. Giet die appelkoossous oor die maaskaasvulsel. Plaas in die koelkas tot gestol.