MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEK / PANNEKOEK
BESTANDELE
1 Ui, baie fyn gekap
30 ml Olie
5 ml Koljander
5 ml Komyn
2 Knoffelhuisies, baie fyn gekap
500 g Maer maalvleis
30 ml Worcesterous
30 ml Tamatiepasta
1 blik gekapte tamaties
15 ml Bruin uiesop
Bietjie kookwater
Braai ui in die olie tot sag. Voeg koljander. komyn en knoffel by en braai liggies. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en braai 1 minuut.
Voeg tamaties, uiesoppoeier en bietjie water by en prut vir 30 min tot dik. Geur met sout en peper.
RESEP: DALENE BRITS