Lewer 6- 8 porsies
30 ml (2 e) kookolie
500 g maer beesmaalvleis
1 groot ui, fyngekap
3 selderystingels, grofgekap
410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 e) ligte bruinsuiker 2 ml (¼ t) fyn paprika
30 ml (2 e) gekapte vars tiemie of 10 ml (2 t) droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) beesvleisaftreksel
100 g pasta (skulpies), ongekook
Kaassous
30 ml (2 e) botter of margarien
30 ml (2 e) koekmeelblom
500 ml (2 k) melk
250 ml (1 k) gerasperde Cheddarkaas

Verhit olie en braai vleis totdat die kleur verander. Voeg die ui en seldery by en soteer vir ‘n paar minute tot sag. Voeg die tamaties, suiker, paprika, tiemie, geurmiddels en aftreksel by.
Voeg die rou pasta by en roer deur. Skep die gebraaide vleismengsel in ‘n groot oondvastebak.
Kaassous: Smelt botter in ‘n swaarboomkastrol. Voeg die meel by en roer vir ongeveer 1 minuut oor lae hitte. Voeg die melk by en roer aanhoudend tot glad en dik.
Verwyder van hitte en voeg kaas en geurmiddels by. Giet die sous oor die vleismengsel en bak omtrent 30 minute in voorverhitte oond teen 180°C. Bedien warm.
Bevriesing
Die meeste soorte pastageregte vries baie goed vir minstens drie maande en hierdie gereg is geen uitsondering nie.
Kook met maalvleis
As riglyn, onthou met die gaarmaak van maalvleis is dit belangrik om met ‘n vurk te werk terwyl dit gebraai word. Dit verseker dat die vleisstukkies sal los raak van mekaar. Maalvleis moet ook net gebraai word totdat dit gaar is en die kleur van rooi na grys verander het. Om maalvleis te bruin te braai, maak dit net onnodig droog.
KAASSOUS
In hierdie resep word witsous omgeskep tot ‘n kaassous, maar die kaas kan uitgelaat en deur kruie vervang word. Wanneer ‘n kaassous gemaak word, maak die witsous klaar, verwyder van hitte en voeg dan die kaas (af van die plaat) by, want so kook die kaas nie in die sous tot draderig nie. Enige kruie of speserye soos paprika kan by die kaassous gevoeg word.

BRON: Heiner Lange
Foto en resep geplaas deur Louise Groenewald

geskuif