KLAM BROWNIES
Oond 180°C.
Sif die volgende saam:
375 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
45 ml kakaopoeier
Voeg 375 ml suiker by
Klits die volgende saam:
3 groot eiers
160 ml olie
1 teelepel vanilla geursel
Meng liggies met droë bestanddele en voeg 2 eetlepels gekapte sjokolade by.
Skep in gevoerde, gesmeerde vierkantige koekpan.
Bak vir 25 minute. Moet nog effe klam bo-op wees.
Laat 5 minute in pan afkoel en haal versigtig uit pan en sny in blokke.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Ronel Muller Thoma