KERRIESOUS
3 medium uie, in skywe gesny
12.5 ml botter
500 ml kookwater
20 ml koekmeelblom
20 ml kerriepoeier
5 ml mosterd
3 ml borrie
sout en peper na smaak
125 ml asyn
125 ml water
37,5 ml heuning
Soteer die uie in die botter tot net sag.
Voeg die kookwater by.
Meng die droë bestanddele met die asyn, water en heuning tot ‘n gladde mengsel en voeg dit by die uie en kookwater. Roer goed.
Kook tot glad en dik, roer gedurig.
PS. Hierdie sous kan ‘n paar weke lank in ‘n digte houer in die koelkas gehou word.
Die sous kan werk vir ‘n kerriepiesangslaai, kerrie eiers ens.
Heiner Lange