HOENDER EN SAMPIOEN PASTEI
VULSEL:
2.5 kg hoender
250 ml semi soet witwyn
250 ml water varsgemaalde swartpeper
5 ml hoenderspesery
2 ml tiemie
2 ml pietersielie
1 ml zeal (aromat)
5 ml uievlokkies
250 ml vars broodkrummels
250 g groot swart sampioene
koekmeelblom om in te rol
geklitste eier om in te rol
110 ml botter
KORS:
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
5 ml bakpoeier
200 ml botter
1 eiergeel
85 ml water
10 ml suurlemoensap
Kook hoender sag in die water, wyn en al die speserye.
Voeg nog water by indien nodig.
Verwyder bene en sny die vleis in stukkies.
Skep vet van sous af en voeg die krummels by.
Voeg vleis by die sous.
Vee sampioene met ‘n klam lap af.
Rol in bietjie meelblom, dan in geklitste eier en weer in die meel.
Braai baie liggies in die botter.
Plaas vleis in gesmeerde oondskottel.
Rangskik die sampioene bo-op, steeltjies na onderVir die kors:
Meng droë bestanddele saam.
Vryf botter baie liggies in.
Meng eiergeel, water en suurlemoensap saam.
Voeg by droë mengsel en maak aan.
Rol uit en bedek hoendervulsel met deeg.
Smeer ‘n bietjie melk oor.
Bak in voorverhitte oond van 200ºC vir ongeveer 30 minute.