GOUE STROOP MET KOOKWATER
Skroei 2 kg wit suiker in ‘n dikboomkastrol oor lae hitte totdat al die korrels gesmelt en dit ‘n ligte goudbruin is, roer aanhoudend en wees versigtig dat dit nie te donker word nie.
Vermeng
2,5 liter kookwater,
7 ml kremetart en
7 ml sout.
Roer die water geleidelik en bietjiesgewys by die gesmelte suiker, oppas dat die stoom jou nie brand nie. Kook die stroop vinnig totdat dit dik genoeg is. Om te toets of dit dik is, skep af en toe ‘n klein bietjie stroop in’n koue piering. Bottel die stroop warm in warm, gesteriliseerde inmaak flesse en verseël dit.