ELSIE SE GRANADILLA KOEK

grinadella koektested
ELSIE SE GRANADILLA KOEK
250 g margarien
1 1/4 koppies suiker
2 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
1/4 teelepel sout
1/2 koppie mielieblom
3/4 koppie water
1/4 koppie granadillamoes
4 eiers
1 teelepel vanieljegeursel

Room botter en suiker tot lig en donsig.
Klits eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg geursel by.
Meng water en granadillamoes.
Sif droë bestandele saam en voeg om die beurt met vloeistof by die suikermengsel.
Skep in panne.
Bak by 180 ºC tot ligbruin en los van kante, ongeveer 30 min.
Resep: Elsie Slabbert
Foto:  Diane Roode Hancox