BILTONGBLOKKIES
1 koppie geurige dik witsous
57 g gerasperde kaas
113 g gerasperde biltong
2 eiers
Klop warm witsous by eiergele. Vou kaas en biltong in mengsel. Vou styfgeklopte eierwitte in mengsel. Proe en voeg nodige by. Skep in gesmeerde vierkantige bak. Bak vir 15 min. of tot goudbruin in matige oond. Sny in blokkies en sit dadelik voor.
Resep: Natasha Olivier