BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES

 

Beetkoek versier met roomkaas en neutetested

BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES
Hierdie beet koek is baie baie lekker, baie dieselfde tekstuur as ‘n wortelkoek, maar heerlik klam, julle kan hom maar bak..Yummies!!!
625 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7.5 ml koeksoda
15 ml gemengde speserye
5 ml sout
375 ml ligte bruinsuiker
300 ml olie
4 eiers
Gerasperde skil van een lemoen
5 ml vanilla
250 ml granny smith appel gerasper
500 ml rou beet gerasper
100 g pekanneute of okkerneute gekap
60 ml bosbessies

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n losboomkoekpan en voer die bodem met gesmeerde bakpapier uit. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout saam. Klits die suiker, olie, eiers, lemoenskil en vanilla saam totdat dit deeglik gemeng is. Voeg die res van die bestandele by en vou laastens die droe bestandele met ‘n groot metaallepel in. Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir sowat 45 min of totdat die toetspen skoon uitkom. Laat de koek afkoel en keer dit uit. Versier met roomkaasversiersel of sit bloot versiersuiker bo-oor.
ROOMKAASVERSIERSEL
Maak ‘n basiese botterversiersel met botter en versiersuiker en voeg dan 250 g roomkaas daarby. Klop tot glad.

Foto:  Rina Kleinhans