TOEBROODJIESMEER
Toebroodjiesmeer kan op sy eie gebruik word of om ander vulsels
veral die met eier of kaas op te kikker.
1 Engelse kommommer, gerasper en gedreineer
1 ui, fyngekap
3 geelwortels, gerasper
1 groot rooi soetrissie, ontpit en gekap
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
wit asyn om groente mee te bedek
± 500ml mayonnaise
METODE
Plaas groente in ‘n glasbak, bedek met asyn en laat oornag staan.
Dreineer goed en meng met mayonnaise.
Skep in skoon flesse, maak toe en bêre in die yskas tot benodig.
Afronding van toebroodjies
Sny brood met ‘n skerp mes in verlangde broodvorms (Hou die tipe
vulsel in gedagte by die hanteerbaarheid van die broodjie.)
Sny met ‘n koekiedrukker vormpies vir kleuters uit.
Om te verhoed dat kos uitdroog, moet dit deeglik in waspapier,
botterpapier, aluminiumfoelie, plastiek of kleefplastiek toegedraai
word.
Plaas in plastiekhouer sodat die broodjies nie platgedruk word nie.