SNACKWICH BROODJIES MET FYN AARTAPPEL

snackwich broodjiestested

SNACKWICH BROODJIES MET FYN AARTAPPEL
Ons ken al almal die snackwich broodjies, hier is my variasie en dit is regtig heerlik.
1 koppie meel
1 aartappel fyngedruk
1 koppie gerasperde kaas
2 teelepel bakpoeier
garlic chives, gekerf of ui, gerasper
pietersielie
¾ koppie koue vleis of hoender fyn gesny
1 eier
¾ koppie melk
30 ml olie
sout na smaak

Meng die eier, melk en olie saam. Meng die res van die bestanddele saam en maak aan met die melkmengsel. Indien nodig gooi nog bietjie melk by om dit ‘n lekker skep degie te maak. Toets vir sout en pas aan indien nodig.
Skep lepels vol in die warm snackwicher, maak toe en laat lekker gaar word tot liggie aangaan. Eet net so of sny oop en smeer botter.
Mens kan ook ‘n lekker vulsel maak en in die sakkie sit wanneer jy hom oopgesny het.
Heerlik!!!!!
Foto: Rina Kleinhans