QUICHE MET BILTONG VULSEL
Die deeg is genoeg vir vier 12 cm losboom quiche pannetjies
20 g koekmeel
2 ml sout
100 g botter
45 ml koue water
Sif die meel en sout saam. Sny die botter in blokkies en voeg by meel. Vryf die botter in die meel tot dat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die koue water by en vorm in ‘n deeg. Verdeel die deeg in vier en rol dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Om te keer dat die deeg breek, tel dit met die koekroller op en plaas in die gesmeerde pannetjies.
Blind bak vir 20 min by 200 ºC
WENK:
‘n vinnige manier vir blind bak.
Plaas die pannetjies met rou deeg op mekaar met ‘n lee pannetjie heel bo-op en bak vir 20 min by 200ºC.
Rasper 125 g gruyere-kaas,
sny 250 g biltong in klein stukkies.
Sit eers die gerasperde kaas in elke pannetjie en dan die biltong bo-op.
Klits 2 eiers saam met 250 ml room en gooi in elke pannetjie.
Geur met vars gemaalde swartpeper.
Bak in voorverhitte oond van 180ºC vir 20-25 min tot die eierroommengsel gestol en gaar is.-