PERSKE POEDING

perske poedingtested

PERSKE POEDING
Sit lagie perskes (ek het groot blik ingelegde perskes gebruik) onder in bak (Hou sous eenkant).
Meng saam:
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie suiker
2 eiers

Meng met vurk tot krummelrig.
Gooi oor perskes, smelt 4 eetlepels botter en gooi oor deeg. (Deeg is droog en krummelrig)
Bak op 180 ºC. tot toetspen skoon uitkom, 30-45 min ongeveer.
As gaar is en mooi bruin bo-oop, gooi perske sous oor.
Lekker net so of met vla/roomys.
GENIET DIT !
Resep en foto:  Laura van Zyl