ONTBYTNESSIES

nest

ONTBYTNESSIES
Gerasperde kaas
Gaar onbytspek (repies en ‘n paar stukkies wat opgesny is in fyn stukkies)
Tamatieskyfies
eiers
Sout en Peper

Neem 4 mikrogolf-bestand bakkies wat min of meer dieselfde grootte het as ‘n diep, ronde koppie. Of ‘n muffin-pannetjie vir die mikrogolfoond werk net so goed. Spuit met Spray ‘n Cook.
Druk die spek vas aan die rand van die bakkie. Gooi bietjie gerasperde kaas onder in. Breek ‘n eier oop op kaas en prik eiergeel met tandestokkie. Plaas ‘n stukkie gaar spek (fyn stukkies) bo-op eier. Sit ‘n tamatieskyfie, gegeur met sout en peper bo-op spek en bedek weer met bietjie kaas. Plaas in mikrogolfoond vir 4 minute op Medium.
Maak solank 4 snytjies roosterbrood.
Plaas elke nessie op bord en bedien met roosterbrood van varsgebakte plaasbrood.

Wat lekker is, is dat die roosterbrood en ontbyt gelyktydig warm is!

Lorraine Weitz Brand