LEWER IN DIE MIKROGOLF

MIKROGOLFOONDtested

LEWER IN DIE MIKROGOLF

(SMELT IN DIE MOND LEWER)
Lewer (skaap of Hoender) Skoongemaak en buise verwyder en in blokkies gesny.
3 Eetlepels botter
Meel (± 3 eetlepels)
Jou eie hoeveelheid:
Blatjang
Tamatiesous
Worcester sous
Mosterdsous of poeier
Mikrogolf lewer en botter vir 3 min op hoog.
Roer af en toe. Meng ander bestanddele tot ‘n pasta.
Voeg mengsel by en mikrogolf vir 4 min.
Roer elke min.
Mikrogolf vir verder 3 min en haal uit.
Bedien met mash of spaghetti of bruinrys kan ook Couscous gebruik.
Bron: Hannalie Kitshoff
Plasing: Hannalie Kitshoff