KAMMA KREEF MET MAYONNAISE
1,5 kg Stywe witvis
1 ui, gekap
sout en peper na smaak
avokado, in skywe gesny, met suurlemoensap bedrup
blaarslaai en pietersielie vir garnering
Sny die vis in klein vierkantige blokkies, stoom dit gaar met min water
Sorg dat die blokkies nie breek nie
Meng die vis met ui, sout en peper (gebruik ‘n vurk)
Voer ‘n glasbak met slaaiblare uit.
Meng mayonnaise met die vis, en skep op die slaaiblare.
Plaas ‘n skyfie avokado op en garneer met pietersielie
Mayonnaise:
250 ml tamatiesous
12,5 ml worcestersous
‘n paar druppels Tabasco (opsioneel)
10 ml sojasous
250 ml mayonnaise
sout na smaak
5 ml asyn
5 ml suurlemoensap gemeng met 5ml suiker
Meng al die bestanddele deur deeglik te klits
Verkoel voor gebruik.
Marietjie Schoeman