GEBAKTE KONDENSMELK TERT

kondenmelk terttested
GEBAKTE KONDENSMELK TERT
1 blik kondensmelk
1/2 koppie suurlemoensap
5 eiers geskei 
6 eetlepels strooisuiker
1 pakkie Tennisbeskuitjies

Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot styf.
Voeg geklitste eiergele by
Pak tennisbeskuitjies in tertbord, en gooi die mengsel bo-oor
Klits eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by
Skep bo-op die vulsel
Bak in matige oond so by 150 grade C, tot eierwitte goudbruin is. ENJOY!!!!
Nota:  Om te voorkom dat die tert waterig raak onder die meringue, strooi bietjie maizina oor die tert voor jy die eierwitte opsit, dit help daarvoor – Rina Kleinhans

Resep  Linda Venter
Foto:  Joey Kruger