FONDUE IDEES

FONDUE IDEES
Ek’s mal oor fondue! Ons het dit verskriklik baie gedoen in die 80’s. En dan het ons sommer costume party saam met dit gehou. Wat is dan nou lekkerder as piekniekkombers op die mat en groot kussings vir almal om op om te val as die magies vol raak. Ons het altyd een van die potjies met witwyn gevul i.p.v. die olie. Jou kossies word ook heerlik gaar so, maar sonder die olierigheid. Ons het altyd repies steak en hoender gebruik, mushrooms, gesnyde murgpampoenties, worsies (enige soort), enige “nuggets”, calamari ringetjies, bacon rolletjies met feta in (die feta loop nie uit nie). Dan het ons altyd ‘n slaai ook saam met dit gemaak en warm souse soos peper of mushroom. Vir poeding het ons dik chocolate vla gemaak en mashmallows daarin gedip. Dis nie so erg ryk soos net sjokolade nie. En nee, ek dink nie fondue is vandag outyds nie, ons doen dit nog gereeld. Vandag is daar natuurlik fancy elektriese stelletjies, maar die spirits burnertjie het tog ‘n special charm. En moenie die strafdop vergeet as jy jou vleisie in die pot verloor nie!

BRON: Louise Groenewald