BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES
BESTANDDELE
125ml rou rys
200ml beesvleisaftreksel
knypie sout
15ml botter
300g (1 blik) soutbeesvleis, in blokkies gesny
30ml gekapte pietersielie
45ml gekapte uie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5ml suurlemoensap
30ml blatjang
30ml tamatiesous
250g gekoopte, onversoete brosdeeg
1 eier, geklits
METODE
Plaas rys in ‘n kastrol. Voeg aftreksel, sout en botter by. Verhit tot kookpunt, bedek en laat
saggies prut vir sowat 15 minute of tot rys sag is en al die vloeistof geabsorbeer is. Meng vleis,
pietersiele, uie, sout, peper, suurlemoensap, blatjang, tamatiesous en gaar rys. Rol deeg uit en
sny in vierkante van 10cm x 10cm. Plaas van die rysmengsel op elke vierkant. Bestryk die
kante liggies met geklitste eier en vou oor om ‘n driehoek te vorm. Verseël die rante deur
liggies met ‘n vurk daarop te druk. Plaas pasteitjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bestryk met
geklitste eier. Bak in ‘n voorverhitte oond by 220C vir 12-15 minute of tot goudbruin. Bedien
warm. Sit voor met groente of ‘n groen slaai.
BRON: Keurgereg samestelling Anna Eksteen